Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Victoria-Wes
Geleentheid: Konferensie
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 14 & 15 Maart 2018
Victoria-Wes, die kleinste tak in Sirkel Noord-Karoo, het dié jaar die voorreg gehad om Konferensie aan te bied. Die geleentheid is in die plaaslike hotel aangebied.
Verskeie interessante praatjies en demonstrasies is aangebied. Patrys van der Merwe, wat twee kleuters op een dag in ‘n fratsongeluk verloor het, het as motiveringspreker opgetree. Dis vir haar belangrik om nie as die “ag siestog”-vrou bekend te staan nie, maar eerder as iemand wat hoop gee.
Tydens die aandfunksie het ‘n plaaslike dansgroepie, wat goed tydens 2017 Eistedfodd presteer het, die gaste vermaak. Alida Viljoen is by die geleentheid aangewys as die Dankie-persoon van die jaar. Alida gee kunsklasse aan leerders en baie van die kinders kry gratis lesse, aangesien hul ouers dit nie kan bekostig nie. Sy was ook die dryfveer agter Victoria-Wes se betrokkenheid by die jaarlikse Eistedfodd.
Die gasvroutak is aangewys as die Presidentstak en het ook ‘n derde plek behaal in die Kwalliteitskildafdeling.
Tafelversiering
Renee oorhandig Alida se toekenning as Dankie-persoon
Victoria-Wes met die Presidentskild
Leave A Comment