Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum van gebeurlikheid: 14 Maart 2018

 

 

Van Pollsmoor tot Prediker: Spreker Juan Truter:

 

Nelmarie van Niekerk stel vir Juan Truter, skrywer van “Pollsmoor tot Prediker” aan ons voor.

Hy vertel van sy moeilike kinderlewe, want “geen pa kan sy kind so behandel nie” is ‘n aanhaling uit sy boek.

 

 

Hy het groot geword in ‘n Christelike huis, Sondagskoolleiertjie tot uitsmyter in nagklubs. Sy broer was die swartskaap en Juan het geveg om homself te bewys.

 

 

Eers as ‘n Springbokgimnas en later tussen aaklige karakters tot in die tronk. Juan was ‘n gangster in die eerste graad.

 

 

Dwelms, aanranding en afpersing tot betrokkenheid by die Rusiese mafia in Kaapstad, maar tot God tasbaar in sy lewe ingegryp en deur Sy genade Juan geleer het om van voor af te begin.

 

 

Met hulp het Juan  gegroei  totdat hy vandag aan die hoof staan van die Alpha-bediening wat projekte in Mitchell’s Plain gevangenis , Hanoverpark en Elsiesrivier het. Midway, is ‘n program wat mense, leer om “life coaching” te doen om kinders wat uit die gevangenis kom te ondersteun terug in die samelewing.

 

 

Sy boek “Pollsmoor tot Prediker” is te koop aangebied.

 

 

‘n  Groep gemeenskapwerkers van Elpetra ( Rehabilitasie sentrum) het ‘n toneelstuk opgevoer oor die lewe van ‘n dwelmafhanklike. Dit het vir ons ‘n ander wêreld gewys.

 

 Juan Truter, die Spreker

 

 

Elpetra se werkers

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mid Way – die projek.