Sirkel:  Weskus

Tak: Leipoldtville

Beriggewer: Elsabe Carstens

Datum: 14 Maart 2018

 

 

Leipoldtville het almal verras met hulle deelname aan Konferensie 2018 te
Eendekuil. By ons vergadering het die voorsitter die dames gelukgewens en hul bekers aan hulle oorhandig.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hier ontvang Augusta van Zyl die eerste prys vir gebak (Rolkoek) van die Voorsitter, Elsabe Carstens.

 

 

 

 

 

Maritha Louw ontvang die P Andra & Seuns trofee vir die eerste prys in breiwerk van die Voorsitter Elsabe Carstens.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Loucresia van Zyl ontvang die Estelle du Plessis trofee vir die eerste prys in plaasprodukte (lewerpatee) van die Voorsitter Elsabe Carstens.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Cecile van Zyl ontvang die Wesgraan trofee vir eerste plek in hekelwerk en ook die 2de plek in breiwerk.  Elsabe Carstens, die Voorsitter, oorhandig haar trofee en prys.

 

 

 

 

Leipoldtville tak ontvang die Lambertsbaai trofee vir die meeste punte in Handwerk.  Van links Elsabe Carstens (Voorsitter), Cecile van Zyl en Maritha Louw.

 

 

 

Leipoldtville behaal die eerste plek vir meeste punte:  Huisvlyt.  En behaal dan so die algehele tweede plek by VLV se 86ste Konferensie op 7 Maart 2018 te Eendekuil. Op die foto van links na regs agter: Elsabe Carstens(Voorsitter), Loucresia van Zyl, Augusta van Zyl en Cecile van Zyl.
Voor:  Maritha Louw.