Sirkel:  Griekwaland-Wes

Tak:  Volop

Konferensie

Beriggewer:  Tineke Jacobs

Datum:  14 Maart 2018

 

Sirkel Griekwaland-Wes het hul 86 ste konferensie op 14 Maart 2018 by Witsand Natuurresevaat gehou.  Die konferensie was deur Volop tak aangebied.  Sonja Heroldt was die gasspreker, en het ‘n musiekmotiveringsprogram, die Hartklop van ‘n Pêrelvrou, aangebied.  Vroue van die omgewing het inspirasie gekry en temas soos selfbeeld, waagmoed en vrouwees is aangeraak.

 

Mnr Owen Coetzee, (Toerisme bestuurder van Witsand) het die dames toegespreek rondom toerisme en die geleenthede en uitdagings van toerisme in ons omgewing.

 

Daarna het Linda Jansen vir ons ‘n demonstrasie gelewer om met “Chalk Paint” enige voorwerp mooi te maak.

 

Volop het ook die prys gewen vir die tak met die meeste punte.

 

v.l.n.r.  Agter: Andriëtte Burger, Melana Moller, Nerina Brown, Tineke Jacobs, Elzahn Fourie, Doreen van der Westhuizen, Sonja Heroldt, Samantha Burger, Lientjie Maritz, Henna en Fanie Maritz, Machel van Niekerk.

Voor: Sarie Fourie, Gesina Coetzee, Ilzé Coetzee, Maretha Nowers, Iliska Jacobs, Adé Maritz

Op grond voor:  Poppie Howell