Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Margaret van der Mescht

Datum: 13 Maart 2018

 

Anmagreth van der Merwe is `n modeontwerper, grafiese kunstenaar en eienaar van Boer-e-Nooi in Patensie wat ons kom inlig het oor haar bedryf.  Van kleintyd af was sy betower deur die kreatiewe werêld en dit het uiteindelik haar passie en beroep geword.  Sy is ook betrokke by herwinning en bemagtiging van die mense in haar omgewing.

 

Haar grootste inspirasie kom van die Here. Sy word ook geïnspireer deur kleur en die natuur.  Haar emosies en lewensreis word weerspieël in die klere deur haar teken- en skryfwerk.

 

Sy wou haar eie identiteit ontwikkel en so is die suksesvolle Boer-e-Nooi gebore. Dit was vir haar belangrik om iets te skep wat eie aan die omgewing was en dit moes by die plaas en platteland inpas. Haar ontwerpe is  gemaklik, mooi en netjies sodat die vrou wat dit dra altyd waardig en mooi voel. Met hierdie vroulike, vleiende ontwerpe waarop onder meer windpompe en voëls pronk, kry sy die geleentheid om ook haar liefde vir skryf te inkorporeer.

 

Die nuutste lyn in die Boer-e-Nooi reeks is Boer-e-Nooi Hout.  Sy maak houtprodukte soos skinkborde en wynrakke met haar kenmerkende kunswerke daarop. Sy is ook besig om die Boer-e-Knaap reeks te ontwikkel. Dan is daar ook die Boer-e-Nooi Huis reeks wat uit dekor items van herwinde materiaal gemaak word.

 

 

Anmagreth saam met Erika le Roux, saamroeper van Landbou en Tuinbou

 

Vir Anmagreth is dit belangrik om uit te reik na die gemeenskap. Sy het `n herwinningsprojek waar  vroue afvalmateriaal gebruik om onder andere halsvlegsels en ander produkte te maak. Dit word dan as deel van die Boer-e-Nooi reeks verkoop.

 

Sy is ook betrokke by `n selfonderhoudende  opleidingsentrum – Cut, Make & Trim. Hier bied sy `n naaldwerkkursus aan die mense van die omgewing en maak hulle touwys in ontwerp, sodat hulle as subkontrakteurs vir klerevervaardigers in die klein- en groothandelbedryf kan werk. Voorwaar `n baie dinamiese dame!

 

Ons is ook baie trots op ons twee lede wat eerste plekke by Konferensie behaal het. Joey Barnardo het ook die Talento Trofee ontvang vir `n uitsonderlike inskrywing.

 

Annette Kritzinger ontvang die trofee vir haar byderwetse damesromp in Masjienwerk.

 

 

Kinderklere uit die reeks.