Sirkel:  Weskus

Tak:  Moorreesburg

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Martelize Britz

Datum:  14 Maart 2018

 

 

Izanne Leygoni-Crous, ‘n landboukundige van SOIL – die aankoper van alle kanola in die Weskaap, het met die tak kom gesels oor die kanola plant.

 

Dit is tans die gewas waarvoor die meeste betaal word.  Dit beheer onkruid in die lande en kanola is familie van die koolgewas.

 

DIt is baie lekker vir die goggas, so die uitgawes vir pesbeheer is hoog. Ook swamme is ‘n groot bedreiging. Alle saad kom van Australië en daar is ongelukkig destyds 2 swamme saam ingevoer.

 

Oestyd in die Swartland is so van 10 Oktober tot einde Oktober.  Die hoofkantoor van SOIL is in Swellendam.  Die gewas word so elke 4 jaar gesaai, nie elke jaar nie.

 

Kanola-olie is die gesondste olie, dit bevat ’n lae persentasie versadigde vetsure en is hoog in poli-onversadigde vette, 2:1 en word deur CANSA goedgekeur.  Dit bevorder breinontwikkeling in babas en beveg inflammasie.

 

‘n Interessante praatjie oor die plant met die geel blommetjies wat so ‘n mooi skouspel is!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Denise Bester, Voorsitter

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Izanne Leygoni-Crous, ‘n landboukundige van SOIL

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hanna Olivier saam met Izanne Leygoni-Crous