Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 8 Maart 2018
Vryburg vier vanjaar hul 70ste bestaansjaar en het die geleentheid luisterryk gevier tydens die jaarlikse Konferensie gehou op 8 Maart te Vryburg.
Die tak het ten spyte van al die voorbereidings vir die konferensie daarin geslaag om die trofee vir die meeste inskrywings en tweede plek te verower.
Lede het hul deeglik van hul taak gekwyt en 15 sertifikate en drie trofeë in die kompetisie-afdeling ontvang.
Vryburg vier fees
Marietjie Steyn 1ste plek vir kloskant en 2de plekke vir borduurwerk en masjienwerk
Marthie Grobler 2de plek blommekuns
Nellie Viljoen 1e plek weefwerk beginners en meeste inskrywings
Leave A Comment