Sirkel: Noord-Oos Kaap
Tak: Lady Grey
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Marieka Bekker
Datum: 8 Maart 2018

 

 

Die Opvoeding portefeulje van Lady Grey se VLV het Donderdag 8 Maart die mooiste Paasfees tafel met die pragtigste versierings gedek. Die lede wat insluit: Viljean Burger, Opvoeding saamroeper, met Christa Venter, Charmaine Cloete en Eleonorah Jones, het vreeslik baie moeite gedoen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die lang tafel was gedrapeer in ‘n sagte pienk satyn tafeldoek, met wit hasie beeldjies en sjokolade paaseiers. Charmaine Cloete het ‘n boodskap gebring van Jesus se opstanding in teenstelling met die kommersiële Paaseier.

 

 

 

 

 

 

Elke dame wat die vergadering bygewoon het, het ook ‘n gelamineerde plekmatjie wat die verskillende kombinasies van tee uitbeeld, ontvang as geskenk.

 

Viljean Burger het ons meer vertel van die gebruike en kultuur van tee. Mense drink al jare lank tee vir die samesyn en gesondheidsvoordele daarvan.

 

In Indië maak hulle ‘n “pick up tea” wat baie soet maar lekker is. Die Omani mans vat sommer hul eie tafel en stoeltjies en geniet hul tee langs die pad.

 

Alle teesoorte is afkomstig van China.  Die verskillende teesoorte, wit, swart en groen, is afkomstig van een plantsoort. Die pluk en verwerkingsprosesse defineer die verskillende tee. Wit tee is die mees gesondste omdat dit die minste geprosesseer word. Groen en wit tee het hul eie onderskeie voor en nadele.

 

Tee het die wêreld met mekaar verbind. Die woord tea/tee en ti is afkomstig van die seevaders wat tee vanaf die Ooste na die Weste gebring het. Chai tee is met kamele op die Speseryroete na die Weste gebring. Terloops, Rooibos is nie ‘n tee nie, maar ‘n bossie. Dit kom oorspronklik van Clanwilliam en is eg Suid Afrikaans.

 

Swart tee is vyf keer gesonder as koffie. Wit tee bevat die minste floried maar die meeste kafeiene. Trek ‘n Hibuskus tee vir algemene gesondheid en verlaag jou bloeddruk noemenswaardig.

 

Die lede moes hul eie teesakkie saamstel uit die verskeidenheid vars kruie op die tafel. Ons het almal saamgestem dat ‘n vrou se krag lê in die kookwater waarin sy beland.

 

Met ons eie koppie tee in die hand het ons op 8 Maart nie net Internasionale Vrouedag en Fantasiedag gevier nie, maar ook ons voorsitster, Elize Cloete, se verjaardag. Elize is bederf met geskenke van elke portefeulje en ‘n ontwerperskoek gebak en saamgestel deur ons eie Christa Venter.

 

 

Opvoeding se groepie: Viljean Burger (Saamroepster), Christa Venter, Charmaine Cloete, Eleonorah Jones.

 

 

Opvoeding se groepie: Viljean Burger (Saamroepster), Christa Venter, Charmaine Cloete, Eleonorah Jones by hulle mooi gedekte Paastafel.

 

 

Die plekmatjie wat elke lid ontvang het as geskenk.

 

 

Lady Grey se lede

 

 

Verskillende elemente waarmee die dames hulle eie tee kon trek.

 

 

Elize Cloete se verjaarsdag koek by verskillende tee’s.