Sirkel: Kalahari

Geleentheid: Konferensie

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 8 Maart 2018

 

 

Sirkel Kalahari vier vanjaar hul 85ste bestaansjaar en die geleentheid is feestelik gevier tydens hul Konferensie te Vryburg.

 

Spreker Prof Kobus van der Walt van Noordwes Universiteit meld dat daar moeilike tye voorlê weens klimaatsveranderinge. Menslike aktiwiteite bevorder die kweekhuiseffek en veroorsaak ‘n styging in gemiddelde temperature en meer heftige natuurrampe. Sosiale uitdagings is die vinnige styging in die geboortesyfer, werkloosheid en swak onderwysstelsel. Dit is egter belangrik dat ons moet bly werk, bly positief en bly hoop. Ons glo dat ons almagtige Skepper steeds in beheer is.

 

Cobus Pretorius van Landzicht Kelders skets die gebruik van sjokolade deur die eeue. Die Asteke was die eerste mense wat kakaobone gebruik het, daar word jaarliks 1,5 miljoen kilogram in die VSA alleen gebruik. Goeie sjokolade het ‘n blink voorkoms, kraak indien dit gebreek word en smelt maklik. Wyn behoort teen 7ºC bedien te word, in Suid-Afrika is die temperature te hoog. Sjokolade en wyn kan saam bedien word maar dit moenie die kos oordonder nie.

 

Marie Klopper praat oor die tema: More begin vandag.

Die verlede was nie altyd goed nie. In 2018 word ons gekonfronteer deur politieke, maatskaplike en ekonomiese situasies wat ons gemoedsrus steel. Ons word tot een van die massa gereduseer en ons geestelike waardes word maklik deur materialisme vervang. Ons geloofsekerhede beland in die spervvuur en word dikwels blatant geïgnoreer.

Dit kos werk om drome te verwesenlik. Kyk die lewe reguit in die oë. Ons gee daagliks aandag aan sewe areas: die voete is ons anker, knieë simboliseer ons strategieë, die krop van ons maag is ons persoonlike Richterskaal, gee ag aan die hol kol op jou maag wat jou waarsku. die hart huisves ons emosies en dikteer jou dag, die mond vertel wie ons is, die oë is die vensters van die siel en die brein reflekteer wat ons beleef en beheer jou rede, vernuf en intelligensie.

Ek wil, ek kan, ek moet.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Corlie van Zyl van Reivilo is verkies as Sirkelpresident in die plek van Carien van den Berg wat nou die tuig neerlê.

 

Carien van den Berg en Corlie van Zyl

 

 

 

 

Prof Kobus van der Walt

 

 

 Cobus Pretorius

 

 

 Marie Klopper

 

 Willem de Chavonnes-Vrugt bring groeteboodskap namens Vryburg Agri

 

 Kyla Scholtz verras konferensiegangers met haar sang

 

 Kalahari vier 85 jaar