Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Britstown

Beriggewer:  Sunel Jansen van Rensburg

Datum: 7 Maart 2018

 

Gesondheid met soute, bloedgroepe en senuwees.

 

Helene Pool van George vertel aan die lede hoekom dit so belangrik is om op te let watter kosse nie geskik en watter geskik is vir ‘n spesifieke bloedgroep.  Volgens die boek “Eat Right for your Type” behoort jou liggaam kos beter te verteer as jy ‘n dieet geskoei op jou bloedgroep volg.  Dit kan ook siektes voorkom en jou meer energie gee.  Oefeninge en persoonlikheid kan ook teruggetrek word na ‘n spesifieke bloedgroep.  Maak seker jy weet wat is jou bloedgroep en vind meer omtrent jouself uit!

 

Toentertyd se oumense het nog die beeste se sout as enigste sout gebruik, en hulle was baie gesonder as vandag se oumense!  Die “bruin sout” bevat 80 plus minerale wat onder andere help met voeding en die opname van vitamines.  Die wit, “skoon” sout van vandag is sout wat gewas is met chemikalieë, dit bevat dus geen minerale nie.  Ongeraffineerde sout het ‘n PH van 7.2 (alkalies).  Dus verlaag die risiko van cholestrol, diabetes, hartsiektes, kanker en inflammasie.  Geraffineerde sout se PH is  4 – 6.1  (suur) wat hierdie risiko’s weer verhoog.

 

Leatitia Duminy van Victoria-Wes het haar praktyk oor “body stress release”  aan die lede bekend gestel.  (unlocking tension, restoring self-healing).  Jou liggaam kan 3 tipes stres of spanning ervaar:  meganies, emosioneel en chemies.

 

Die 21 belangrikste elemente wat in ‘n medisynetas behoort te wees word aan die lede deurgegee.  Die moets en moenies van Listeriose is bespreek.

 

 

Die spreker, Helene Pool

 

‘n Medisyne tas met al die nodige produkte.