Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Murraysburg
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Lina van den Berg
Datum: 7 Maart 2018
Hoe herken jy vals nuus (“fake news”)? — Volgens News24
- Kyk eers of ander erkende nuusplatforms ook oor die spesifieke nuus rapporteer.
- Let op vreemde ‘domain’ name.
- Kyk op die webwerf com vir meer inligting oor die bron waarvandaan die nuusbrokkie kom.
- Selfs bekende nuusplatforms word misbruik. Kyk of die webwerf se naam eindig op iets soos “.com.co”. Dit is meestal vals weergawes van die regte een.
- Swak, amateuragtige web ontwerp en die gebruik van slegs hoofletters in die berig moet altyd met agterdog bejeën word!
- Indien die storie jou regtig kwaad maak, maak doodseker of dit waar is. Dis gewoonlik om jou uit te lok om dit aan te stuur!
Leave A Comment