VLV:  Sirkel Weskus

Tak:  Eendekuil

Geleentheid: Konferensie

Beriggewer:  Lydia Le Roux    Foto’s  Marietha Goosen (Piketberg)

Datum: 7 Maart 2018

 

86ste KONFERENSIE  te  EENDEKUIL  op  7 Maart 2018

TEMA: Môre begin vandag  /  Tomorrow begins today

PROJEK: Ruim op  /  Clean up

 

Op 7 Maart 2018 bied Eendekuil Sirkel Weskus se Konferensie aan.  Ons tak het net 13 lede, maar 9 vrouens uit ons gemeenskap het ons gehelp.  Almal het hard gewerk en hul kant gebring sodat ons van die dag ‘n reuse sukses kon maak.

 

Die NG Kerk Eendekuil het hul fasiliteite vir ons aangebied en Kardoesie N7 Citrusdal het vir ons die pragtige tent geborg.

 

Estelle du Plessis, Weskus Sirkelpresident, by ons fokuspunt.

 

Vlagdraers:  Johanna Rossouw en haar dogter Herma Schoeman.

 

 

Ons program saam met van ons tafelversierings.  Ons tema vir 2018 is:  Môre begin vandag.

“Wat jy vandag doen, bepaal wie jy môre is”  vry vertaal, Tim Fargo

 

 

 

 

 

 

 

Marié Grobbelaar, voorsitter van Eendekuiltak en Sirkelsaamroeper van Opvoeding & Kultuur, bedank die gasspreker, Johan van Lill van RSG.  Sy onderwerp was:  “Wat doen ek nóú vir my kind vir ‘n beter toekoms?”    Ons moet onthou dat alle kinders nie dieselfde is en noodwendig dieselfde in situasies sal optree nie.  Mense  kyk op verskillende maniere na dinge en interpreteer dit wat hul sien op verskillende maniere.

 

Maggie Enever van St Helena en Sirkelsaamroeper van Landbou en Tuinbou, bedank Cobis Wilson van Piketberg en begeleier, Antoinette Kok van Eendekuil.  Hy sing vir ons:  “Laat my nooit die weg verlaat nie”, en “Sweef soos ‘n arend”.

 

Die beoordelaars was Elizabeth Cloete en Lillibet Slabber.

 

Rae Smit van Aurora bedank Riana Richter, Piketberg, vir haar voorlesing van een van Dana Snyman se komiese sketse.

 

Middagete is voorberei deur Helmien Rossouw (middel) en haar helpers: vlnr Hanlie Brand, Johanna Rossouw, Helmien Rossouw, Antoinette Kok en Herma Schoeman.

 

Die lede van ons tak:

Agter, vlnr: Helmien Rossouw,  Vise-voorsitter,  Leefstyl, Antoinette Kok,  Kunste & Handvlyt; Johanna Rossouw, Gesondheid; Herma Schoeman,  Tesourier; Heletta le Roux, Jolene Mouton,  Openbare sake; Marié Grobbelaar, Voorsitter en Sirkelsameroeper vir Opvoeding en Kultuur, asook Visepresident, Sirkel Weskus.

Voor, vlnr: Sandra van Zyl, Kitty Krige, Hennah Dreyer, Josephine Mostert,  Landbou & Tuinbou; Lydia le Roux, Sekretaresse.

Nie op foto: Hanlie Brand,  Opvoeding & kultuur