Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Murraysburg
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Lina van den Berg
Datum: 7 Maart 2018
“Broodknippies vir rolstoele”
- Die gedagte om polistireen broodknippies te herwin vir hergebruik, het reeds 10 jaar gelede ontstaan.
- Die Polistireen organisasie van SA het die insamelaars van die broodknippies en verwerkers bymekaar uitgebring. Die verwerkers betaal dan die Polistireen Organisie per kg herwinde materiaal.
- Uiteindelik koop die Polistireen Organisasie dan rolstoele aan uit hierdie inkomste en skenk dit aan gestremdes.
- Tans is daar letterlik honderde versamelpunte landwyd.
- Die projek het al so uitgebrei dat dit ook in Australië en Japan gedoen word.
- Ongeveer 600 000 broodknippies (220 kg) is nodig om een rolstoel te maak.
- Daar is reeds 3 000 rolstoele aan minderbevoorregte gestremdes geskenk. Daarvoor is die knippies van ‘n hele 1,8 miljard brode nodig!
- Kom ons versamel die broodknippies steeds getrou, want dit verander werklik lewens.
Inligting verkry van: Insetsel op die TV program “Kwêla”.
Murraysburg: Sprekers by Openbare Sake program:
Adrie Conradie, Theresa Troskie, Lina van den Berg (sameroeper) en Maryn de Klerk.
Leave A Comment