Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Alta Britz
Datum: 1 Maart 2018
“Wat is die slaap ’n wondersoete ding!
Sag op haar bloue oë daal die vaak
soos maneskyn diep waterkuile raak
om daar te droom in silwer skemering.”D.F. Malherbe
Toe ons diè gedig op skool behandel het, het ons nie kon dink dat ons ooit eendag slaapprobleme sal hê nie!! Die maklikste om die probleem op te los, is om ‘n slaappilletjie te neem! Tina van Deventer waarsku ons daarteen want slaappille is verslawend!
Kyk eerstens na die omgewing waar jy slaap? Is dit te lig of is daar te veel geluide? Moenie groot maaltye kort voor slaaptyd eet nie. Vir die meeste mense is dit nie goed om koffie voor slapenstyd te drink nie. Drink ‘n glas warm melk met heuning en ‘n bietjie wit peper of kaneel voordat jy gaan slaap. Sny die punte van ‘n piesang af en gooi kookwater oor die ongeskilde piesang. Laat trek dit en drink die piesangtee voordat jy gaan slaap.
Skakel die TV, selfoon of slimfoon af. Luister na goeie musiek. Sy beveel Tim Jones se musiek, wat gratis op Utube verkrygbaar is, aan.
Doen ontspanningsoefening voor jy gaan slaap, want stres en bekommernis is ‘n groot oorsaak van slapeloosheid. Sy doen die ontspanningsoefening met ons en ampertjies raak van ons aan die slaap!
Alta Britz demonstreer hoe om koordkwilt (string quilt) te doen. Lede het die nuwe VLV jaar goed begin. Agt lede het aan die kompetisies deelgeneem. Marion Ward, ‘n nuwe lid het die trofee vir die meeste punte gekry.
Drie nuwe lede het aangesluit.
Ina van Eck, sameroeper van Gesondheid en Tina van Deventer
Ontspanningsoefening: Daphne Auret, Martina Fouche, Angelique Morkel en Gerda van den Vyver
Alta Britz demonstreer Koordkwilt
Ingelegde halwe perkskes
Versier ‘n hanger vir juwele
Kleuter sonrok met gehekelde bostuk
Leave A Comment