Sirkel: Overberg
Tak: Gansbaai
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Rita Delport
Datum: Februarie 2018
VLV Gansbaai-vroue kuier rondom liefdestema – “Love is kind”.
‘n Middag rondom die spel van die liefde. Getooi in wit en rooi, gespeel met harte en rose. Dit was hoe Gansbaai VLV 2018 se heel eerste vergadering afgeloop het.
Ronel de Villers, sameroepster van die VLV portefeulje Kuns & Handflyt, se pitkos-wegneemgedagte vir die middag was “Love is kind”. As ons dit “lewe” sal ons volraak daarvan en ook in moeiliker tye sal ons dit steeds uitstraal.
Ons het vandag deurstoppe versier – mooi simboliek tot die boodskap…… ‘n deurstop is nie net om ‘n deur oop te hou nie…. dit is ook ‘n “kop-gedagte-stop”. Laat daai stukkie hout, wat nou opgedollie is, die STOP wees vir alle negatiewe gedagtes……
Kuns & Handflyt-gasvrouens. VLNR Rita Delport, Rita Lourens, Ronel de Villiers, Ronel Germishuys, Sandra Badenhorts, Tannie Anna Germishuys. Voor: Marie van der Merwe.
Rienie Ludick en Ronel de Villiers
VLV vrouens raak kreatief by hul eerste byeenkoms vir die jaar. Die tema was ‘die spel van die liefde’
Twee plaaslike kunstenaars het die middag nog rooier opgetooi met hul “kyk en doen”-werkswinkels. Almal het entoesiasties deelgeneem.
Michelle Fourie, pewter-kunstenaar, het tegnieke gedemonstreer om ‘n doodgewone deurstop daardie ekstra “sparkle” te gee.
Rita Pio het ons ‘n bloedrooi stringetjie krale laat ryg wat lede in ‘n hartjie gebuig het. Spoggerig geveer en als.
“Huis-toe-neem” items; deurstop versier met pewter en rooi krale-draad hartjie.
Talentvolle Kunstenaars Rita Pio en Michelle Fourie saam met Rita Delport.
Dit was ook foto-booth-dag. Heerlike pret! Kyk net die resultate…..
Sandra Badenhorst
Desere Pitzer en Rita Delport
Mariana van Rensburg en haar gas
Elizma de Lange en Elizabeth Muller.
Sandra Badenhorst en Lorraine Germishuys
Lanita Marais en haar Moeder
Esme Dewenter en Betsie Bester
Miempie du Plessis
Annetjie Liebenberg vang gees.
‘n Gesellige en kreatiewe middag is afgesluit met tee, gevulde pannekoek en roomys.
Leave A Comment