Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 22 Februarie 2018

 

As deel van die projek: Ruim op, verskaf Sonja Lotz wenke aan Vryburg VLV om hul klerekaste te organiseer en slegs items te hou wat regtig nodig is. Sommige kledingstukke maak jou kas vol, maar word nooit meer gedra nie. Hou by die beleid van ‘een item in, een item uit’. Raak ontslae van rommel en skenk vir liefdadigheid. Koop slegs ‘n nuwe kledingstuk wat by ten minste drie ander in jou kas pas.

 

Skaf ‘n trommel aan en pak vakansieklere daarin wat nie deur die jaar gedra word nie.

Stoor winterklere in die somer elders in plastiekhouers.

Bêre klere vir spesiale geleenthede met sorg.

Versorg kledingstukke voor dit opgehang word.

Skep ekstra spasie deur hake vir serpe of gordels aan die kasdeur.

Knyp serpe met wasgoedpennetjies aan ‘n hanger.

Maak skoene skoon en stoor in materiaal- of plastiekhouers agter ‘n kamerdeur.

Neem foto’s van skoene en plak op mooi houers of oorgetrekte skoendose en stapel op mekaar in die kas.

Gebruik karton om verdelers in laaie te maak vir onderklere en sokkies.

Installeer ‘n ekstra reling om korter kledingstukke op te hang.

Gebruik drievlakhangers vir rompe of maak self een deur wasgoedpennetjies met toutjies aan hanger te heg.

Gebruik deursigtige houers en plak etikette op om items te identifiseer.

Pak handsakke langs mekaar op ‘n rak vir meer sigbaarheid.

Gebruik ‘n gaatjiesbord om oorbelle op te hang of ou knope om pare bymekaar te hou.

 

Sonja verskaf ook resepte vir gesigsmaskers met o.a. piesang, hawermout, avokado of komkommer.

 

Sonja Lotz

 

 

 

 

 

 

By die geleentheid is diensjaartoekennings oorhandig aan Soekie le Roux (10 jaar), Bertie van Vuuren (20 jaar) en Eurika Byleveld (30 jaar)

 

 

 

 

 

Soekie le Roux (10 jaar), Bertie van Vuuren (20 jaar) en Eurika Byleveld (30 jaar)