Tak: Dordrecht – NOK

Studierigting: Landbou & Tuinbou en Gesondheid

Aanbieder: Lenie Fourie

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 21 Februarie  2018

 

 

OVK-koöperasie het op die briljante gedagte gekom om die gemeenskap se vroue te bederf met ‘n Vrouedag! Dordrecht s’n het op  21 Februarie in die plaaslike NG Kerksaal plaasgevind, waar die VLV 9 teetafels gedek en heerlike eetgoed voorsien het – alles geborg deur OVK en gasborge. Dis bygewoon deur 41 vroue, wat die uitstallings goed ondersteun het en die sprekers byna vasgevra het. Ellen Clark het handgemaakte sakke te koop aangebied.

 

Nadat Hankie Erasmus van Dordrecht OVK almal verwelkom het, het VLV-Voorsitter Lenie Fourie die verrigtinge geopen met ‘n voorlesing  en gebed.  Daarna was die sprekers aan die woord. Eerstens het Japie van Rooyen van Bayer vertel van sy produkte vir troeteldiere en produkte teen plae soos muise en insekte. Dr Laurine van Heerden van die plaaslike hospitaal het baie belangrike inligting oor Borskanker en Servikskanker gegee, en daarna verskeie vrae beantwoord. Beide kankers kan oorerflik wees en gereelde toetse (soos die Mammogram en Papsmeer) is baie belangrik.

 

Antonio de Sousa van Effekto het wonderlike inligting en raad vir tuine gegee.  Rose het 5 ure son en 20 liter water per dag nodig. Bemesting moet nie teen die stam gegooi word nie, anders brand dit die stam. Bemesting moet vroegoggend of laatmiddag toegedien word wanneer die plante nie deur die son uitgeput word nie. Daar is spesiale korrels vir konifere, en Effekto se “The Green Products Book” bied inligting oor ál hul produkte, asook baie wenke. They also have an Application to download on your cellphone to enquire about problems and ask for solutions. Take a picture of your problem and send it to the App to have an expert come back to you. He also recommended their “Stock Absorber” which forms a gel when mixed with water. When added to the soil of hanging baskets you only need to water it every second week.

 

Die laaste spreker was Wesley Swanepoel van Coopers  wat gewaarsku het dat plaagbeheer uiters versigtig hanteer moet word. Wanneer ‘n produk aangemaak is, moet dit opgebruik word en nie vir later gebêre word nie. Gebruik die aanwysings ook PRESIES – moenie hoeveelhede self vermeerder of verminder nie. Wanneer plaagmiddels in die tuin gebruik word, moet alle troeteldiere vir 3 dae weggehou word. Coopers het ‘n produk teen molle wat groot belangstelling gewek het. Dis pille (“Quick Phos”) wat in elke molsgat geplaas word, met ‘n bondel nat koerantpapier agterna gedruk. Die pille mag egter nie nat word nie – dit kan aan die brand slaan!

 

To end the day there were quite a few lucky draws, which caused EVERYONE present to receive something! The wife of the local branch manager of OVK, Lizelle Coleman, helped Hankie Erasmus to hand out products from Bayer, Effekto, Coopers, and Montego dog food. OVK generously handed out handmade cosmetic bags, visors, licence holders and keyrings to every lady present. Bayer also handed out notepads, pens, lip balm and dog tags. It really was a very exciting and informative day! The ultimate lucky draw was a duvet, made by one of Dordrecht WAA members, Dawn du Plooy. Tickets were sold over the past few months and the lucky winner was Karen van Niekerk, the local High School’s principal. In closing, Hankie recited a wonderful poem about an inspirational woman.

 

Die VLV-groep wat die dag aangebied het: Van links Dienkie Kotze, Berta Rossouw, Lida Rossouw, Sonja Kruger, Elize Oosthuizen, Anna van Niekerk, Antoinette van Pletzen, Martha Schmidt, Lenie Fourie, Annetjie Coetzee, en Dawn du Plooy.

 

Sprekers: Japie van Rooyen, Hankie Erasmus, Antonio de Sousa, Ellen Clark, en Wesley Swanepoel.

 

Dr Laurine van Heerden aan die woord.

 

 Die Duvet wat uitgeloot is.