Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 21 Februarie 2018

 

Februarie 2018 se VLV vergadering fokus op Landbou en Tuinbou en ‘n verskeidenheid aspekte word bespreek.

 

Elna van Niekerk, Sameroeper Landbou en Tuinbou, open die vergadering met gedagtes uit die Bybel.  Woorde dra krag en ons moet lewe spreek, want die Here beplan vir ons voorspoed.  Ons moet dankbaar wees en aanhoudend bid.

 

Na bespreking van verskeie VLV-sake, stel van Niekerk vir Frikkie Rossouw van Natuurbewaring in Graaff-Reinet aan die woord.  Rossouw bespreek indringerplante breedvoerig – die aard, voorkoms, beheer, negatiewe aspekte en wetgewing rondom indringerplante.  Daarna deel hy ook kortliks inligting aangaande ongediertes en probleemdiere in die Oos-Kaap.

 

Verder deel van Niekerk inligting oor voedselveiligheid in Suid-Afrika wat sy by Bona Mjuza, Gesondheidsinspekteur, gekry het.  Die VLV bome van die jaar (gewone soort- Geelhoutboom; skaars soort – Witgatboom) en voël van die jaar (Swarttobie – 2de skaarste voël in SA) word ook bespreek.  Laastens deel van Niekerk idees oor wat met leë 2-liter plastiekbottels gedoen kan word.  Van die lede bring ook voorbeelde van items gemaak uit sulke bottels.  Daar is nou ‘n projek in Suid-Afrika waar die leë bottels styf gestop word met skoon nie-afbreekbare afval, bv. plastiek en polistireen, en dit dan as stene gebruik word om selfs huise te bou.  Die projek word Ecobrics genoem en daar is ook ‘n afgeepunt in Port Elizabeth.

Tydens die vergadering word Adelle de Jager as nuwe lid verwelkom.  Estelle van Wyk en Annalize Lategan word gelukgewens met hul verjaarsdae en die wenner van die gelukkige trekking is Luise de Jager.

 

Laastens word die beplande Winter Vrouedag, wat op 1 Augustus 2018 sal paasvind, kortliks bespreek.

 

Die vergadering word afgesluit met heerlike eetgoed wat keurig op spieëls tussen pragtige blomme voorgesit is deur Suzanne Lategan en Annalie Lategan.

 

 

Luise de Jager, Annalie Lategan, Carina Esterhuizen, Gloria Penniston, Frikkie Rossouw (Natuurbewaring), Elna van Niekerk (Sameroeper Landbou & Tuinbou), Lizelle Johnson, Anchen & Anke van Schalkwyk, Suzanne Lategan, Jean Watermeyer, Lea van der Vyver, Adelle de Jager

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elna van Niekerk met voorbeelde van plastiekbottel herwinning.

 

 

 

 

 

 

 

Lede om ons gesellige tafels met pragtige blomme

 

 

 

 

 

 

 

 

Keurige eetgoed kunstig voorgesit deur Annalie Lategan en Suzanne Lategan.