Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 20 Februarie 2018

 

Mnr. Jannie Bester, wat self met graan, groente en vee geboer het en deesdae ‘n landboukundige by Kynoch is, en betrokke by navorsing, was die spreker.  Hy het baie interessante feite van koring weergegee:- o.a. dat dit die laaste 600 jaar die belangrikste gewas wat verbou word, is.  Reeds 3359vC is koring in die piramides van Egipte ontdek en in Wes-Asië is dit vir die eerste keer gebruik.  Noord-Amerika het koringsaad van Spaanse sendelinge gekry.

 

Hoe meer proteine in koring is, hoe meer rys dit.  Daar word deurgaans probeer om die wortelontwikkeling te verbeter.  Die koring waarmee ons deesdae brood bak, is ‘n kruising tussen spelt en Persiese koring. Die totale wêreldproduksie is 647milj.ton op 200milj.ha.  In S.A is dit 2,2ton op 2ha.  Ons boere doen uitstekend op relatief swak en vlak grond en ‘n wisselvallige klimaat.

 

Ontkieming vind plaas by 35-40% vog in die grond en die temperatuur vir ontkieming is 3-36gradeC. Met ‘n goeie deklaag op die grond kan tot 30% water bespaar word.

 

Daar word naastenby 70 liter water gebruik om een sny brood te produseer.  Koring is ‘n veeldoelige produk. Ditword ook gebruik vir die maak van pastas, koeskoes, bier, papier, troeteldierkos en “chipboard”. Stone Groundmeel bevat die meeste gluten vir Vit.B17.  Daar kan 700 brode van 700g elk van 1 ton koring gebak word.

 

Karin Marais (sameroeper) en die spreker, mnr. Jannie Bester, by Karin se interessante uitstalling.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Een van die versierings op die keurig gedekte tafel.