Sirkel:  Noord Karoo

Tak:  Britstown

Beriggewer:  Sunel van Rensburg

Datum:  21 Februarie 2018

 

‘n Nuwe begin, ‘n Nuwe vaandel.

 

Met al die dinge wat aan die verander is, het Britstown VLV ook besluit om meer modern te gaan met hul vaandel.

 

Daar is vir lank kopgekrap oor hoe en wat dit alles moet hê en wat dit alles moet beteken!

 

Die vaandel verteenwoordig nie net die VLV nie, maar die hele gemeenskap.  Die kerk staan uit as baken in ons gemeenskap.  Windpompe, blomme en skape is eie aan ons streek, verder het ons ‘n oop hand en ons voed nog steeds uit die potjie.  Ons is dus anders, uniek en het ons eie melodie op ‘n vaste fondament.

 

 

Britstown se nuwe vaandel.