Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Britstown
Beriggewer: Sunel Janse van Rensburg
Datum: 17 Februarie 2018
BRITSTOWN STAP: “WOMEN WALK THE WORLD”
Saterdag 17 Februarie 2018 het 8 van Britstown VLV lede die Smartt Challenge (10 km) in Britstown gaan stap. Daar wast ook ‘n gas van Engeland wat die stap meegemaak het, nl. Julia Thomas, ‘n afgetrede mediese dokter.
Die stapdames het elkeen ‘n pienk kopband ontvang om te wys ons stap saam as ‘n span vir VLV. Die Smartt Challenge is ‘n fondsinsamelingsprojek vir die dorp se plaaslike ouetehuis en alhoewel ”Women Walk the World” eers in April plaasvind, het die tak besluit om dit nou te doen en sodoende ook VLV se ondersteuning aan die gemeenskap te gee.
Dames op foto van links na regs: Bonquet Raath, Julia Thomas, Sunel van Rensburg, Michele van Rensburg, Ideka Visser, Wilma Strauss.
Stapmaats, Sunel Janse van Rensburg en Marinda van der Merwe
Drawwers is 10 km buite die dorp afgelaai. ‘n Trok en ‘n bakkie het die drawwers na die wegspringplek aangery.
Leave A Comment