Sirkel: Worcester.

Tak: Maria Stofberg.

Portefeulje:    Leefstyl.

Beriggewer:   Alta Britz

Datum: 8 Februarie 2018.

 

 

Na  een en sestig jaar se middagvergaderings, het Maria Stofberg-tak weer in die oggend vergader. Die bestuur van die tak het ‘n uiters geslaagde oggend aangebied. Elke bestuurslid het, volgens haar talente, luister aan die oggend gegee. Vier nuwe lede het aangesluit.

 

Gerda van der Vyver, sameroeper van Leefstyl, het die maak van appelroostertjies gedemonstreer. Repies deeg, ‘n Appel in fyn skyfies gesny, suiker en room.  In ‘n kolwyntjiepan gebak en sien daar! ‘n Heerlike soetdingetjie.

 

 

 

 

 

 

 

Gerda van der Vyver

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                                                                Appelroostertjies

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nellie Crafford, sameroeper van Kuns en Handvlyt, het verskillende blikkies versier en die nuttige gebruike van elkeen met die dames  gedeel.

 

 

 

 

 

Nellie Crafford

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hettie Stander, sameroeper van Opvoeding en Kultuur, het haar Konferensie 2017- wenbrief voorgelees. ‘n Nostalgiese brief aan ‘n kleindogter,  die erfgenaam van ‘n  sentimentele naaldwerkmandjie.

 

Susan du Plessis, voorsitter , asook  sameroeper van Landbou, het die voël van die jaar nl. die Swarttobie, so wel as  die boom van die jaar, die Geelhoutboom, behandel.

 

Gwen Engelbrecht, sameroeper van Openbare sake, gee verskeie wenke oor waterbesparing. Neem ‘n tweeliter koeldrankbottel, maak  sowat 5 cm van onderaf ‘n klein gaatjie waardeur ‘n strooitjie gesteek word. Maak die bottel vol water, draai die prop styf  toe.  Sodra die prop oopgemaak word, vloei die water vrylik by die strooitjie uit. Wanneer die prop weer dig toegedraai word,  stop die vloei van die water. Hierdie beginsel berus op lugdruk wat die water uitdruk sodra die prop losgeskroef word.

 

Gwen Engelbrecht