Sirkel:  Weskus

Tak:  Moorreesburg

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer:  Martelize Britz

Datum:  7 Februarie 2018

 

Die lede is entoesiasties welkom geheet by die eerste vergadering van die jaar. Carine Strydom het ‘n gebed vir reën gedoen. Een van die langsdienende lede, Sylvia Hartung, is oorlede en daar is vir haar ‘n kers aangesteek.

 

Die tak het baie projekte vir die jaar wat die gemeenskap betref.  Daar is die “Treklaken-projek”, die skoenboks –projek, sowel as fondsinsameling vir die tak se finansies.

 

Die sprekers was Rina Theron en Madelein Visser.  Rina het ‘n erfenis- kookboek geskryf oor die kos van die Sandveld.  Hierdie boek het alreeds ‘n prys gewen en is ook benoem vir ‘n wêreldwye Gourmet prys.

 

Sy het vertel van die gemeenskap rondom Leopoldville in die Sandveld.  Hoe daar ‘n unieke argitektuur is in die omgewing. Hoe sy geleer het van gebruike soos wasdag wat op ‘n spesifieke wasklip gedoen is, van veldmedisyne en boererate. Al die interessante stories en inligting is ook vervat in die kookboek.

 

Madelein Visser het van die resepte in die boek verskaf, bv die boerseep resep en die resep vir soetsuurdeegbrood.  Sy vertel van die rooster van pampoenpitte wat ook eie is aan die streek.

 

Sy was so gaaf om vir die lede haar resepte te gee.  Hopelik sal al hierdie ou tipes kos weer herleef!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rina Theron met Sandveldkos boek en prys.                                                              Madelein Visser en Adele du Toit