Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Yvonne Neethling

Datum: 7 Februarie 2018

 

 

Opening: Die opening se boodskap was dat ons as VLV-Langebaan ‘n  veilige ruimte vir vroue moet wees en help om Vissers van mense te wees.

 

Johan de Goede werksaam by Departement Visserye wat verantwoordelik is vir 22 sektore van seelewe, was die spreker. Een navorsingsskip het 9 laboratoriums. Vis word gemeet en gemonitor. Hy deel ‘n paar insiggewende feite rondom Oseanografie veral aan die Weskus.

 

Die grootheid van God! – 109 aardes pas in die Son. 100 Biljoen sterrestelsels. As die aarde nie om sy eie as gedraai het nie, het ons nie seisoene gehad nie. Wanneer die son, maan en aarde in ‘n lyn is, is die maan vol en is dit Springgety.

 

Rooigety: Die kleur word veroorsaak weens die opwelling van alge wat op die bodem lê.– plantjies in die see blom, as hulle doodgaan ontstaan bakterieë en suurstof word min en dan loop die krewe uit. Diaretiese rooigety kan fataal wees.

 

Jellivis – Kom in verskillende spesies voor, dit is ‘n baie natuurlike verskynsel aan die Weskus. Japanese droog en eet dit.

 

Walvisse: Die twee spesies wat voorkom aan die Weskus is die Southern Right Whale wat dryf en die  Humpback whale  – albei het suurstof nodig en hulle kan in toue wat in see ronddryf versmoor. Die stert kan dan nie beweeg nie.

 

Robbe: is ‘n probleem op Malgas en Dassen eiland – vreet pikkewyne se kuikens. November en Desember  is paringsmaande vir hulle, die kleintjies word binne 4 dae gebore.

 

Seemeeue: se Soutgehalte binne is hoog en skei baie water uit. Voëls het ‘n soutklier in hul oë – dit lyk asof hul neus altyd loop.

 

Kreef – geslagsryp op 9 jaar. Kreef word tot 60 jaar oud.. Baie moeilike navorsing. Dit kan ledemate vervang. Kreef se navorsing baie moeilik omdat dit nie gebieds -gebonde is nie en gaan deur ‘n hele siklus van 9  “watermeules” voordat dit volgroei is.

Vissoorte wat in Langebaan voorkom:

Ons Nasionale vis die Galjoen.

Snoek en Geelstert wat lewe tot 12 jaar.Vis hou nooit op met groei nie.

Walvis is die grootste vis, dit word nooit siek nie, imuun teen enige siekte.

 

Voëlsoorte wat algemeen voorkom in Langemaan:

Malgas, Pikkewyne, Swartrugmeeu, Gryskopmeeu, Sterretjes.

 

Algemeen:Daar is wetgewing in plek om stropers te beheer!

Swartmossels wat nou in Langebaan voorkom is uitheems, dit groei in sand en neem plek op van ons eie spesies.

Daar is wit hasies op Schaapeneiland – dit eet bamboes – die niere is aangepas.

 

Landbou en Tuinbou groepie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Johan de Goede – Spreker

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Koue Visgereg.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Warm Visgereg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hillary – Voorsitster stel Annelien Strydom – Nuwe Ondervoorsitster bekend.