Sirkel: Namakwaland
Tak: Nieuwoudtville
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Berriggewer: Erika Kotzé
Datum: 31 Januarie 2018
Landbou & Tuinbou vergadering identifiseer plante wat bestand is teen droogte:
Nieuwoudtville VLV se Landbou & Tuinbou portefeulje het op 31 Januarie 2018 by Vredendal kwekery ‘n byeenkoms gehou om plante wat in die unieke area van Nieuwoudtville sal aard, te identifiseer.
André Beukes en Caroline van Vredendal Kwekery het die volgende plante voorgestel wat sal aard in soutgrond en ook ryp en wind bestand is.
Scaevola “Blue Haze”
Euphorbia Glitz – wit
Westringia Alba (Australiese roosmaryn)
Mirtes Comias wat swart bessies dra soortgelyk aan peper (Mirre)
Andre Beukes en Caroline van Vredendal Kwekery
2017 se prysuitdeling wenners:
Blomme: Lana van Wyk
Handwerk en gebak: Erika Kotzé
Gebottel: Betsie Vollgraaff
Fotografie: Mandie Kotze
Meeste punte: Erika Kotzé
Beste nuweling: Louise van Heerden
2017 Pryswenners
Heidi van Niekerk deel die lede mee van die nuwe VLV tema:
Môre begin vandag; Stylvol; Ruim op.
Leave A Comment