Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum van gebeurlikheid: 24 Januarie 2018

 

Opening van 2018:

Die tak begin op ‘n hoogte punt met lede wat kuier en saampraat oor 2018. Lede het in hul verskeie portefeulje groepe gesit, en so mekaar beter leer ken. Nelmarie van Niekerk het die opening behartig en as bemoediging vir die droogte wat swaar op die harte van boere lê, ‘n gebed voorgelees wat ons diepe afhanklikheid van God beskryf.

 

 

 

 

Malinda Hendrikse het ‘n chalk paint demonstrasie gedoen. Sy het ‘n houtrakkie geverf en met verskeie soorte was behandel om die verskille uit te wys.

 

 

Malinda Hendrikse se chalk paint werk

 

 

 

 

 

 

Riëtte Strydom het cookie cups versier met nuwe tegnologie. Sy demonstreer hoe om met min moeite koek ‘n pragtige afwerking te gee, deur ‘n spuitsak met versiersuiker te vul en verskillende punte vooraan te sit wat die vorm van blomme maak. So het elke lid na die vergadering kans gekry om haar eie koekie te versier.

 

Riëtte Strydom versier koek op ‘n maklike manier.

 

Ons sien uit na ‘n bedrywige jaar en mag dit voorspoedig gaan in al die takke.

 

 

 

 

 

 

 

Lede kuier saam in elke portefeulje.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lede is goed verteenwoordig.