Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 23 Januarie 2018

 

Vryburg VLV leer hoe om draad saam met plantmateriaal in blommekuns te gebruik met die oog op die naderende konferensie.

 

As deel van die projek ‘Ruim op’ het Marietjie Steyn draad op die rommelwerf opgetel en mooi geverf om te hergebruik. Dit dien dan as basis vir die rangskikking. Sagter draad kan om gras, biesies of wilgerlatte gedraai word. Dit kan dan in die gewenste vorm gedruk word.

 

Marthie Grobler het draad gebruik om blare te groepeer en gekombineer met gedroogte blomme. Ruimte en balans kan met plante of draad geskep word. Plantmateriaal moet steeds oorheers.

 

Marthie Grobler en Marietjie Steyn

 

 Marthie met haar rangskikking