Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 23 Januarie 2018

 

Goodwoodtak het die jaar weggespring met ‘n heerlike loslit-kuieroggend. ‘n Paar lede het wenke en huishoudelike katoeters saamgebring om met die vergadering te deel.

 

Interessante wenke is aangehoor, o.a. dat Sta Soft verligting bring teen sonbrand;
babapoeier kan op ‘n vetkol gegooi word en na ‘n rukkie uitgeborsel word; asyn se veeldoelige gebruike,o.a. om vensters mooi blink te kry, word bespreek.  Raad met eiers word gegee en oulike kombuisgereedskap word gewys.

 

Lede wat deelgeneem het was Wilna Swart, Wenda Preuss, Tina Muller, Sarina van Rensburg, Enola Venter, Zylia Fourie en Alet Colyn.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit was nogal kopkrap en pret om die dames op hulle troufoto’s te eien.