Sirkel: Noordwes-Kaap

Beriggewer: Mieke Bezuidenhout

Datum: 6 Januarie 2018

 

Babsie Strauss :   Ere – President ,    Sirkel Noordwes – Kaap.    

                               4 Junie 1930 –  6 Januarie 2018

 

Babsie Strauss was ‘n formidabele VLV dame. Die klem beslis op DAME.  Met rooi lippies en  netjiese snyerspakkies  was sy altyd gereed vir VLV.  Sy het baanbrekerswerk gedoen en grense van wonderwerke verbygesteek vir ons geliefde Vereniging.

.Babsie en haar eerste man, Neels de Jager, het in 1950 begin boer op De Aar . In Augustus 1953 het sy aangesluit by die VLV tak op De Aar. Sy was dikwels op die bestuur maar wou nooit voorsitter word nie. Sy het 5 kinders kort opmekaar gehad en hulle was haar eerste prioriteit . Haar man is jonk dood en sy het aangegaan met die boerdery.

 

In 1982 het sy na Upington gekom en met Sontjie Strauss getrou. Sy het by die VLV-tak op Upington aangesluit en was voorsitter van 1985 tot 1987. Sy word in 1988 verkies as Sirkelpresident van die Noordwes-Kaap Sirkel.In hierdie tyd stig sy 5 nuwe takke. Sy bedank 9 jaar later omdat haar dogter toe ernstig siek was aan kanker, maar  bly sedertdien Erepresident van die sirkel. Sy bly lid van die Upington-tak tot met haar dood. Haar lidmaatskap van 64 jaar is langer as dié van enige ander lid in die sirkel. Selfs toe sy weens swak gesondheid nie meer vergaderings kon bywoon nie, het sy n lewendige belangstelling in die VLV behou.

 

Sy was ‘n opregte omgee mens. Oproepe gemaak met verjaardae.  Tot met haar laaste Konferensie  het sy van alles notas gemaak. Sy kon die mooiste  gebede  neerpen. Sy was altyd besorg oor elkeen se welstand.

 

‘n Paar jaar gelede het sy nog gehelp met ‘n pannekoekverkoping. Sy was 7vm daar om die geld te hanteer en het gebly tot alles klaar gebak was. Soos haar gesondheid verswak het, het sy vergaderings in n rolstoel bygewoon. Toe sy nie meer kon nie, het die tak soms by die Ouetehuis vergadering gehou sodat sy dit kon bywoon.

 

 ‘n Vrou wat haar huis dien is ‘n goeie vrou

‘n Vrou wat haar huis en gemeenskap dien is ‘n beter vrou

Maar ‘n vrou wat haar huis, gemeenskap en GOD dien is die beste

Babsie Strauss jy was die beste!  Gods rykste seën!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die VLV het n groot vrou afgestaan. Mag haar herinneringe lank voortleef by elkeen van ons. Sy sal altyd ons ERE president bly !!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Konferensie 2011

 

 

 

 

 

 

 

Haar laaste teenwoordigheid by VLV funksie Oranjevallei 25 jaar bestaan 7 Nov 2017

 

Saam met Wina Nel sirkel president NWK 9 / 10 /2014

 

Konferensie 2012

 

Konferensie 2012

 

Saam met gasvrou van aandfunksie Konferensie 2013

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Saam met VLV Upington tak voorsitter Sunette Louw Augustus 2013

 

 

 

Tak vergadering VLV Upington tak Augustus 2013