Sirkel: Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  20 Januarie 2018

 

Na opening het die program afgeskop met ‘n insetsel deur Landbou en Tuinbou- studierigting.  ‘n Redakteursbrief uit die Landbouweekblad is voorgelees wat onder andere oor grondhervorming handel. Opvoeding en Kultuur het gekyk na die onderwyssituasie in die land en die feit dat dit in baie gevalle as ‘n politieke speelbal gebruik word.  Ongelukkig is dit die leerders wat daaronder lei. ‘n Voorstel om ‘n ope brief aan die dorp en omliggende skole se hoofde en personeel te stuur, is eenparig aanvaar. Genoemde brief het ook in die plaaslike koerantjie van 25 Januarie 2018 verskyn.

 

Die waterkrisis in die land en ook in Victoria-Wes, het aandag geniet. In laasgenoemde geval is dit a.g.v. swak instandhouding. ‘n Komitee uit die gemeenskap (wat VLV-lede insluit) is aangewys om die saak met die munisipaliteit op te neem.

 

Gesondheid se insetsel het gehandel oor ‘n gesonde gees en watter invloed dit op fisiese gesondheid het.  Leefstyl het hierby aangesluit en gefokus op die tak se  oriëntasie vir die jaar: ”Ouderdom maak nie saak nie, tensy jy kaas is.”

 

Die laaste insetsel is aangebied deur Kunste en Handvlyt en het gehandel oor kuns en mense se smaak t.o.v. kuns.  Die dames is elkeen afsonderlik geblinddoek en moes dan ‘n kat teken.  Dit het vir heelwat pret gesorg.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Resultate van “blinddoek kuns”!