Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 8 Desember 2017
Op 8 Desember 2017 het die VLV die kindertjies van die Bambino Sopkombuis in Aberdeen verras met ‘n Kersparty. Daar is vooraf sakkies lekkers, chips en gemmerkerskoekies verpak, popcorn geskiet en verpak, ballonne en stokkielekkers gekoop en koeke gebak. Al die lekkernye is saam met sap in prettige glasies aan die kindertjies gegee in ‘n saal op die dorp. Van die lede se kinders help ook met voorbereidings en woon die dag by.
Leonie Bedaar en Jane Saayman, die twee dames wat die sopkombuis uit hulle eie huise bedryf, het die dames verwelkom waarna die kinders open met die Onse Vader gebed. Een van die seuns lees ‘n gedig voor waarna Annalie Lategan die Kersverhaal aan die kinders vertel en ook vir elkeen ‘n prent gee om in te kleur met kryte en potlode wat sy verskaf het.
Die kinders se opgewondenheid en dankbare gesiggies sal almal wat dit bygewoon het nog lank bybly.
Annalie Lategan lees die Kersverhaal van Jesus se geboorte vir die kinders
Die kinders met hulle pakkies eetgoed
Vlnr Lize de Jager, Ziléke de Jager, Elise de Jager, Annalie Lategan, Luise de Jager en Suzanne Lategan is van die dames en dogters wat die party moontlik gemaak het.
Leave A Comment