Sirkel: Weskus
Tak: Porterville
Beriggewer: Louwna Hoving
Datum: 7 Desember 2017
VLV BEJAARDEPROJEK: Huis Nerina
Die lede van VLV Porterville het 30 kussings geskenk aan Huis Nerina om hulle sitkamer se voorkoms te vernuwe. Die kussings is deur lede geskenk en die oortreksels is gemaak deur Lydia Liebenberg en Emelda Cruywagen. Die Voorsitter het ook ‘n groot houer vol broodknip-pies oorhandig wat gebruik kan word vir die aankoop van ‘n rolstoel. Voorts skenk die Tak ook na elke vergadering toiletware aan hulle vir gebruik deur die minderbevoorregtes. Die Tak teken ook jaarliks in op Die Burger wat daagliks afgelewer word vir die inwoners van Huis Nerina.
Aletta Visagie, Voorsitter van die ACVV, Lydia Liebenberg, Saamroeper Leefstyl, Mary-Ann van Schalkwyk, Voorsitter VLV Porterville en Anita Odendaal, Bestuurder van Huis Nerina.
Die inwoners neem die kussings in ontvangs.
Leave A Comment