Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 24 November 2017
Neil Pienaar, onderwyser by Kamdebo Laerskool in Aberdeen, het die VLV genader om leerlinge se kunswerke te beoordeel.
Die beoordeling is gedoen deur Estelle van Wyk, ‘n afgetrede kunsonderwyseres en Annalie Lategan wat self baie kunstig is.
Leerders van graad 4-7 het potloodsketse gedoen in drie temas, nl wilde weste, natuurtoneel en ope afdeling. Die wenner in elke graad het ‘n R100 kontantprys gekry wat tydens die jaarlikse prysuitdeling by die skool oorhandig is.
Kamdebo Laerskool kunswenners vir elke graad vlnr Zina May, Nathan Maupley, Christiano Koopman en Maurizio de Jager by hul trotse onderwyser, Niel Pienaar. Afwesig: Daneal Douglas
Leave A Comment