Sirkel:  Paarl

Tak:  Wellington

Beriggewer:  Karen Barnard

Datum: 16 November 2017

 

Wellington het op ‘n feestelike wyse die jaar afgesluit.  ‘n Kersboom en ander versierings van afvalmateriaal het die saal opgetower.  Lezanne Kriel het die dames kom inlig oor orgaanskenking en benadruk dat een persoon wat ‘n orgaan skenk, tot sewe ander mense se lewens kan red. Verskeie organe en selfs been, vel, hartkleppe en korneas kan geskenk word.  Meer inligting en regsitrasie kan op hulle webwerf by www.odf.org.za verkry word.

 

‘n Skenking van geskenkboksies met heerlike tuisgebakte koekies en lekkers vir ‘n projek vir haweloses in Wellington, is oorhandig.

 

Toekie van Vuuren van Norsa het ook kom kuier.  Kombersies is gehekel en produkte is deur die jaar deur die taklede bymekaar gemaak vir die babas.  Die babas by Norsa het hoop en ‘n kans in die lewe deur die goed gestruktureerde aannemingsproses.

 

 

 

 

 

 

Pragtige Kersversierings

 

 

 

 

Houtkersboom spesiaal vir die afsluiting

 

 

 

 

 

 

Geskenkboksies

 

 

 

 

 

 

Juanita, Karen en Beppi oorhandig die skenkings

 

Wellinton bestuur vir 2018:

V.L.N.R Agter: Karen Barnard, June Smit (tessourier), Patricia Pietersen, Ezla Ritter (o/voorsitter), Juanita Loubser (voorsitter), Dawn Greyling, Susan Hodgson & Gerda Smit.

Sittend: Nadine Marais & Erna Richter (sekretaris)