Sirkel: SWD
Tak: Heidelberg
Beriggewer: Driekie Uys
Datum: 14 November 2017
Vrolike afsluiting
Die lede is vergas met die musiek wat deur Aletta Sutherland gemaak is. Aletta is ‘n jong dame wat al baie dinge in haar lewe gedoen het. Haar musiekloopbaan het die afgelope sewe jaar vlamgevat, nadat sy vir Unisa se klassieke sangeksamens ingeskryf het. Sy het Graad 7 suksesvol afgehandel en is besig met die voorbereiding van Graad 8 en ook Graad 6 Teorie. Sy komponeer haar eie gedigte en het van die vir ons gesing. Buiten vir klavier en kitaar, bespeel sy ook die konsertina. Sy doen ook positiewe beriggewing vir die plaaslike Forum koerant.
Aletta Sutherland
Hanlie Uys het gesorg vir vrolike tafelversierings asook van die eetgoed. Maretha het ook gehelp met die voorbereiding van die eetgoed.
Mooi gedekte tafels.
Suna Jonker (85 Jaar) het die vredeskers aangesteek. Hanlie Uys lees voor uit Jan Spies se boek.
Pryswenners van vanjaar is weer Lettie Breytenbach(80Jaar) wat skoonskip maak en omtrent al die bekers wen. Nellie Venter het die gebottel afdeling gewen.
Leave A Comment