Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 14 November 2017
Die afsluitingsfunksie is die hoogtepunt van ons VLV-jaar. “O Holy Night”, Maretha Maartens se “As Kersvader Kom” en ‘n gedekte feestafel het die lede in ‘n kersfeesstemming gebring.
Lede wat trofeë vir kompetisiedeelname ontvang het:-Agter: Martie Beneke (Hekel en 3de meeste punte in groottotaal);Joan le Roux (Mikrogolf, meeste punte in groottotaal); Tina Muller (Breiwerk); Maryna Britz (Blomme intermediêr, Landbou & Tuinbou, Kunste en Handvlyt); Bes van Zyl (Jessie Sandilands-Nel wisseltrofee vir die
mees uitstaande lid). Voor: Wenda Preuss (Gebak, Gebottel & Lekkers, Kookkuns, 2de meeste punte in groottotaal) en Connie Marais (Naaldwerk)
Die bestuur vir 2018:- Agter: Charlotte Huysamer (Gesondheid), Magdaleen Joubert (Naaldwerk), Wilna Swart (Opvoeding), Karin Marais (Landbou &Tuinbou), Dee Drummer (Handvlyt), Mariëtta du Plessis (Openbare Sake), Bes van Zyl (Tesourier). Middel: Mara Binedell (Kultuur), Lynette Grovè (Kunste). Voor: Wenda Preuss (Voorsitter) en Connie Marais (Sekretaris). Heel voor: Alet Colyn (Vise-Voorsitter en Tuisteskepping)
Leave A Comment