Sirkel: Weskus

Tak: Moorreesburg

Datum: 13 November 2018

Beriggewer: Martelize Britz

 

Sirkel Weskus Projek: “Ons gee om vir ons bejaardes”

 

Die Moorreesburg Tak van die VLV het vanjaar hierdie projek van die VLV heelhartig ondersteun.  Vroeër die jaar is skenkings van nodige produkte gekry en afgelewer en by die jaareindfunksie is geldelike bydraes gevra vir ‘n ouetehuis op Moorreesburg, “Huis Immanuel”.

 

 

Met die bedrag wat ingesamel is, het Adele du Toit, een van ons bestuurslede vir elke inwoner (daar is 21) eetgoed en ‘n waslap en seep in ‘n mooi pakkie opgemaak.  Sy het dit op 13 November gaan aflewer by Huis Immanuel en hulle sal dit eerskomende Sondag uitdeel.

 

 

Moorreesburg VLV sien die nood raak en gee graag vir die bejaardes in ons gemeenskap.