Sirkel:  Tygerberg

Beriggewer:  Antoinette le Roux

Datum: 11 November 2017

 

Einde van Sirkel Tygerberg se halfeeu- feesjaar.

 

Sirkel Tygerberg het  hul 50 Goue Jare- vieringe  afgesluit met ‘n vrolike teeparty.

 

Al die takke was verteenwoordig om vir oulaas in 2017 saam met gewaardeerde  vriende te kuier.   Lekker eet en lekker gesels was aan die orde van die dag.   Sommige was aangetrek soos 50 jaar gelede en ander het net ‘n hoed opgesit vir die geleentheid.   ‘n Pragtige verjaarsdagkoek is deur een van die lede se dogter gebak.    Dit is later uitgeloot en deur Marina Jansen van Durbanville gewen.

 

Na die eerste koppie tee is ‘n PowerPoint aanbieding vertoon wat die doen en late van Sirkel Tygerberg oor die laaste 50 jaar uitbeeld.

 

Almal sien nou uit na die feesseisoen saam met ons geliefdes.

 

Lede van Brackenfell in vrolike stemming

 

De la Haye se lede by hul vrolike tafel

 

Marina met die verjaarsdagkoek wat sy gewen het.

 

 ‘n Mooi versierde tafel