Sirkel: Weskus

Tak: Moorreesburg

Beriggewer:  Martelize Britz

Datum: 1 November 2017

 

AFSLUITING

Dit is alweer die einde van ‘n VLV-jaar en die kersversierings is oral. Daar was ‘n Kersseremonie waarin ‘n kers aangesteek is vir elke boer in ons land en ook elke SA burger wat sy/haar lewe verloor het aan hierdie vlaag van geweld.  Daarna is ‘n gebed gedoen en die lede is gemaan om paraat te wees.

 

Daar was ‘n sangitem gelewer deur ‘n plaaslike liedjieskrywer, Alecia Kotze, wat een van haar eie komposisies gesing het.

 

 

Een van die sprekers was Hurita Visser wat vir die lede kom wys het hoe om ‘n koeskoes slaai te maak.  Op ‘n basis van koeskoes het sy slaaiblare, blokkies botterskorsie gebak in die oond met kaneelsuiker, ertjies, blokkies tamatie en komkommer, 1 gekapte uit en fetakaas gesit. Hierna het sy al die bestanddele met die koeskoes deurgemeng en laastens ‘n paar pampoenpitte oorgegooi.  Heerlik!

 

 

 

 

 

 

 

 

Suretha Fourie het vir die lede gewys hoe om aangeslane koper skoon te kry deur gewone tamatiesous daarop te sit.  Jy wag ‘n rukkie en vee dit dan af.  Dit maak silwerskoon.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hierna was die prysuitdeling van al die jaar se prestasies. Pryswenners was Annalida van Loggerenberg (Bestuurslidprys), Evelyn Dippenaar (Konferensie en Kongres punte), Henriette Kotze (Handvlyt) en Dalene Hanekom  (Gebak) asook die hoogste punte behaal op takvlak sowel as enige ander vlak. Sy was ook die ywerigste VLV lid van 2017.

 

 

 

 

 

Diensknopies is uitgedeel en daar moet spesiaal melding gemaak word van Ans Carstens wat al ‘n volle 60 jaar lid van die VLV is – voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees.

 

Denise Bester en Ans Carstens

 

 

 

 

Die voorsitter, Denise Bester het almal bedank vir hul positiewe gesindheid. VLV is dit wat jy daarvan maak, leer elke maand iemand beter ken, gee om vir mekaar… ons gaan mekaar nog bitter nodig kry in die tye waarin ons beweeg.

 

 

 

Die einde van die VLV jaar het aangebreek en dit was tyd om te groet. Goeie wense vir die vakansie seisoen en blye weersiens in 2018!