Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Victoria-Wes

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Elize Perrin

Datum: 30 Oktober 2017

 

Sirkel Noord-Karoo het die versoek om Maandag 30 Oktober swart te dra, ondersteun. Victoria-Wes, wat deel van die Sirkel vorm, het om 10 vm. op genoemde dag ‘n biduur by De Oude Pastorie gastehuis gehou. Die gemeenskap is ook na die geleentheid genooi.

Na Rhonnie Perrin ‘n openingsgebed gedoen het, is ‘n minuut stilte gehou vir slagoffers van moorde. Elize Perrin het voorgelees uit Ps.127:1 en Romeine 12:21.

 

Die kern van die kort boodskap was dat mense se harte moet verander om die sinnelose misdaad te stop. Net God kan dit doen.

 

Geleentheid vir gebed is gegee en as afsluiting is geluister na “Voel jy soms of die Here te ver is?”, gesing deur Carike Keuzenkamp.  Daarna is saam ‘n glasie sap geniet.

 

 

Biduurgangers met Elize en Rhonnie Perrin heel regs.