Sirkel: Kaapstad
Tak: Strand
Portefeulje: Openbare Sake en Opvoeding
Beriggewer: Annemarie Skibbe
Datum : 30 Oktober 2017-10-30
VLV Strand en vriende het bymekaar gekom om die Here te vra om ons land te seën en te beskerm teen die donker magte wat ons lewe in SA so moeilik maak. Ons het saam gebid dat al ons mense op plase en stede, oud en jonk, alle rasse , die smagting het dat God ons sal beskerm en bewaar in hierdie tye waar daar soveel wreedheid om ons plaasvind. God alleen kan Suid-Afrika red. As VLV lede het ons organisasie ‘n noue band met elke boer in ons land. Daar was geen plakate met slagspreuke nie: net teksverse en gebede .
Leave A Comment