Sirkel: Weskus

Tak:  Moorreesburg

Studierigting: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Martelize Britz

Datum: 18 Oktober 2017

 

In die huidige weersomstandighede het die sameroepers van hierdie vergadering dit goed gedink om te fokus op water, gryswater, kitsgras en geskikte plante vir droogte toestande.

 

Die eerste spreker was Mnr Jan Cronje, die eienaar van “Die Windpomp” op Moorreesburg wat eerstens die waarde van water verduidelik het.  Hy het gese dat water lewe en energie gee.  Die brein bestaan uit 85% water en ons is wat ons drink, nie eet.  Ons benodig 1,3 liter water/dag.

 

Jan Cronjè en Denise Bester

 

Uitdagings vir water is besoedeling, die kunsmis in landbou, medisyne wat persentasiegewys teenwoordig is in skoon water, ook swaar metale.  Verder word water wereldwyd hoofsaaklik met chloor gereinig wat weer hoe bloeddruk en anemie kan veroorsaak.

 

“Die Windpomp” filtreer water in groot maat en Jan het een van hul filters kom wys, heeltemal bruin, terwyl die oorspronklike een spierwit was!

 

Hy beveel aan dat diegene met ‘n klein ondertoonbank watersisteem dit gereeld moet diens anders kan die filter nie meer sy werk doen nie.

 

 

 

 

 

 

 

Die tweede spreker was Annemie Bester.  Sy het oor gryswater gepraat.  Gryswater moet binne 24h gebruik word, anders kan daar slegte reuke ontstaan.  Gryswater is geskik vir ‘n wye verskeidenheid uitheemse plante, rose moet egter ook nou en dan “Vigorosa”ontvang.  Gryswater hou selfs peste weg. Probeer ook om omgewingsvriendelike produkte te gebruik, soos “earthsap” en “probac”.

 

Annemie Bester

 

 

 

 

 

 

 

 

Wat kitsgras betref is daar verskillende diktes wat gebruik kan word wat duurder word hoe dikker die pool. Kitsgras is meer geskik vir kleiner areas omdat dit duur is.

 

Plante geskik vir die droogte is plante met klein, naaldagtige blare, of grys-, vlesige-, wasagtige blare soos bv. die spekboom, sisal en olieryke plante soos roosmaryn en laventel.  Ook blare met ‘n ligte onderkant is geskik omdat die plant daardie deel na bo draai sodat dit sonlig kan weerkaats.

 

Daar is ook diensknopies uitgedeel aan verskeie VLV lede by hierdie vergadering.

 

Dit was ‘n baie interessante vergadering met ‘n groot verskeidenheid wenke vir die droogte.