Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Beriggewer: Cornelia van Dyk
Datum: 17 Oktober 2017
Jaarafsluiting 2017:
Die tak sluit vanjaar op ‘n hoogtepunt af. Ons hou dit by die Riviera Hotel om almal te bederf vir hul harde werk.Lede en hul gades het die afsluiting bygewoon.
Lede wat getrou vergaderings bygewoon en deelgeneem het aan kompetisies is beloon. Ons het die beker vir die meeste punte in Huisvlyt gedeel met Leipoldtville.
Daar is pryse toegeken aan ‘n lid wat te alle tye haar beste gee en die VLV hoog op prys stel. Sy leef dit uit en is vir elke lid ‘n opregte voorbeeld – ook geestelik. Ons noem haar die 10/10 lid. Vanjaar het Natasha Mouton dit gekry.
Natasha Mouton ontvang Die 10/10 trofee
Anita Rossouw, een van ons oudste lede was ook deel van die vergadering.
Twee van 2017 se sameroepsters word vervang vir 2018. Daar is heerlik gekuier en geëet. Musiek het die aand afgesluit terwyl lede kon dans.
Dankie vir ‘n vreugdevolle 2017.
Lin Smit: Beker vir Huisvlyt meeste punte
Ons sameroepsters van 2017 – Louise Jacobs, Marlene Dirkse van Schalkwyk, Mollie du Plessis, Riette Strydom, Sinnie Koegelenberg, Natasha Mouton, Lin Smit( Voorsitter)
Charlotte Knoetzen en haar man
Anita Rossouw en Nicolene Fiorovante
Leave A Comment