Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 17 Oktober 2017

 

 

Sonja Visser van Hartswater het Vryburg VLV besoek en inligting aangaande die verbouing van pekanneute verskaf. Pekanneute word reeds eeue deur die Indiane as voedsel gebruik. In Suid-Afrika word die meeste aanplantings in Vaalharts en langs die Oranjerivier gedoen. Die bome vereis kort koue winters en lang warm somers, vrugbare goed gedreineerde grond en baie water. ‘n Uitgegroeide boom benodig 500-800 liter water per dag in die somer. Drup- of sprinkelbesproeiing word toegepas.

 

Arine Bosch en Sonja Visser

 

Manlike en vroulike blomme word deur dieselfde boom gedra en deur wind bestuif. Vir kruisbestuiwing behoort bome in ‘n boord nie meer as 50 m van mekaar te wees nie.

 

Sonlig het ‘n groot uitwerking op produksie, grootte en gehalte van neute.  Kleiner bome word gesnoei om sonlig deur te laat. Groot bome word meganies gesnoei. Sink word toegedien om groeitempo te bevorder. Bome neem 5 – 7 jaar om neue te te dra.

 

Die beste gehalte neute word na China uitgevoer. Neute bevat baie anti-oksidante, vette en proteïne en behoort deel te vorm van die daaglikse voedselinname.

 

Carien van den Berg, President van Sirkel Kalahari, het lede begeester met die tema ‘More begin vandag’ en lede aangemoedig om die VLV as platform te gebruik. Deelname aan kompetisies bied persoonlike bevrediging en is ook verrykend vir ander.

 

Esta Twigge, voorsitter van Vryburg, en Carien van den Berg

 

 

 

 

 

 

 

Trudie Kok deel haar idees om ou denims te omskep in nuttige artikels.

 

 

 

 

Trudie Kok

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Arine Bosch, sameroeper vir Landbou en Tuinbou, steek die Vriendskapkers aan en ons dink ook aan landbouers en almal met borskanker.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kerse