Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 17 Oktober 2017

 

Die welkome reën in die Kaap het bygedra om van ons jaarlikse fondsinsameling ‘n wonderlike geleentheid te maak. Henriëtte Loubser, voormalige redakteur van die Huisgenoot en tans redakteur van Media 24, was die spreker en het gepraat oor Huisgenoot oor die afgelope 100 jaar.  Sy vertel van hoogtepunte onder die verskeie redakteurs in die tydskrif se bestaan.  Elsa Joubert het o.a. gesê dat dit vir haar ‘n groot eer was om saam met DJ Opperman en C Louis Leipoldt by die tydskrif te werk.

 

Om Huisgenoot se 100 jaar te vier, het die redaksie 100 koeke by verskeie bekende persone, o.a. Thuli Madonsela, laat aflewer; Karen Zoid het ‘n spesiale liedjie geskryf; ‘n fliek, Vir die Voëls, is uitgereik; ‘n kunsuitstalling is by die KKNK gehou; ‘n fotouitstalling by die Suidoosterfees; Rian van Heerden het ‘n vasvraprogram op VIA aangebied en boeke o.a. 100 jaar se gunstelingresepte, kortverhale en Huisgenoot agter die skerms, is uitgegee.

 


Moeite is gedoen met die saal se versiering.

 

 

 

 

 

Ou Huisgenote was deel van die uitstalling.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wenda Preuss (voorsitter), Henriëtte Loubser (spreker) en
Mara Binnedel (sameroeper).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Verona Burger en Maryna Britz by hulle blommeskepping op die verhoog.

 

 

 

 

 

 

 

 


Mara het stukkies Huisgenote uit die dak laat hang.