Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Yvonne Neethling
Datum: 11 Oktober 2017
“Lets get Physical”
Voorwaar die daad by die woord, 8:00 het die eerste groep aangemeld om die “Black Mamba” fisies te stap en 8:30 het die tweede groep aangemeld om tot voor die speelparkie te stap. Alles was in styl en grasie. Die verkeersdepartement was daar om die verkeer te beheer indien nodig. Daar was ook ‘n waterpunt net voor die grondpad gedeelte begin.
Die eerste groep stappers
Die dames stap fluks
Die tweede groep stappers
Die amptelike vergadering het stiptelik om 09:30 begin en Hillary het almal in hulle gemaklike oefenklere en stapskoene verwelkom. Helmie Strumpher het ge-open met die vraag, watter soort Pappotvriendin is jy? Linda Rossouw wens die verjaarsdag vriendinne geluk. Helmie lewer, as afgevaardigde van die Langebaan tak, deeglik verslag oor die Kongres by Mykonos.
Dalena van der Vyver, as aankondiger en haar 3 modelle het sportiewe en gemaklike klere van drie plaaslike winkels gemodelleer.
Alta – een van ons modelle
Susan – nog ‘n model
Elize – ons 3de model
Ons het afgesluit met heerlike hoenderslaaie in alle geure en kleure, deur die Leefstyl 2 groep, saam met ystee. (Hoe gesonder hoe beter!)
Die Leefstyl 2 groep
Tafels gedek met Hoenderslaaie
Leave A Comment