Sirkel :  Weskus

Tak : Piketberg

Portefeulje : Leefstyl

Berriggewer : Nicoline Brown

Datum : 12 Oktober 2017

 

Me Bertina Engelbrecht (vanaf Lambertsbaai), het die dames ‘n praktiese demonstrasie gegee hoe om ‘n sponskoek met fondant te versier. Daarna het almal teenwoordig ‘n stukkie fondant gekry om ‘n kolwyntjie mee te versier.  Die dames het dit baie geniet en gaan beslis met ander oë na fondant-koekversiering kyk!!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lede maak diertjies uit fondant

 

 

 

 

 

 

 

Sy het wenke gegee hoe jy dit moet knie, uitrol en bewerk asook om dit nie te laat uitdroog nie!

 

 

 

 

Me Bertina Engelbrecht besig om die sponskoek met fondant te versier.

 

 

Verder is die voltooide koek uitgeloot en me Christa Myburgh was die gelukkige wenner van die verjaarsdagkoek!!

 

 

 

 

 

 

 

Me Christa Myburg is die wenner van die verjaarsdag koek wat met die fondant versier is.

 

 

 

 

 

Me Sarie du Toit het haar pragtige laslapkwilts uitgestal en vertel van die kursusse wat sy vanaf haar huis aanbied.  Sy bied ook binnekort ‘n appliekwerksessie aan.

 

PHS se blokfluit-ensemble onder leiding van me Komien vd Westhuizen het die vergadering geopen met hul pragtige blokfluit-spel waarvoor hulle al cum-laude toekennings by die Eistedfod ontvang het.

 

PHS Blokfluit-ensemble o l v Me Komien vd Westhuizen

 

Leefstyl-lede : Ilse Hanekom, Sarie du Toit (spreker), Magda le Roux, Rosa Lategan, Sandra Smit, Erica Kretchmer en Bertina Engelbrecht (spreker)