Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Alta Britz

Datum: 12 Oktober 2017

 

Sampie van Staden, afgetrede apteker, kom deel met ons sy  passie  om Vigs pasiënte met hul nasorg te help. ‘n Onderwerp waarna ons nie graag wil luister nie!

 

Sampie van Staden en Nellie Crafford, sameroeper van Gesondheid

 

Die Menslike Immuniteitsgebreksvirus (MIV), is die virus wat Vigs (Verwronge immuniteits gebreksindroom) veroorsaak. MIV veroorsaak vigs deur spesiale witbloedselle, die CD4+ T-selle, aan te val en te vernietig. Die CD4-selle is limfosiete, ‘n groep witbloedselle wat normaalweg die menslike immuunstelsel koördineer in geval van infeksie of ontsteking. Die virus vermenigvuldig binne-in die CD4-selle en soos nuwe virusse vrygestel word, word die selle vernietig.

 

In ‘n besmette individu is die virus teenwoordig in bloedsemen, vaginale vog en borsmelk. Teoreties gesproke mag die virus ook teenwoordig wees in speeksel, urine en ontlasting.

 

Die mees algemene maniere van verspreiding is deur:

  • Onbeskermde seksuele kontak (vaginaal, mondelings of anaal).
  • Die gebruik van kondome laat die risiko aansienlik daal mits die kondoom korrek gebruik word.
  • Hergebruik van onsteriele naalde onder dwelmverslaafdes
  • Verspreiding van moeder na fetus  (waar die moeder MIV-positief is)
  • Naaldprikongelukke  onder mediese personeel (effektief voorkom met die gebruik van handskoene en ‘n kursus antiretrovirale middels in diegene wat blootgestel is).

 

Die virus word nie oorgedra deur ongebroke vel of om eetgerei met ‘n besmette persoon te deel nie. Dit word ook nie oorgedra deur muskietbyte nie.

 

MIV kan nie genees word nie, maar kan beheer word.  Die medikasie moet elke dag, op dieselfde tyd, vir die res van jou lewe geneem word en pasiënt moet gereeld met laboratoriumtoetse gemonitor word om te bepaal of die medikasie doeltreffend is.  Hul maak seker  dat pasiënte hul aanmeld vir behandeling.

 

Vervaldatums van medisyne:

 

Die term “verval” word omskryf as iets wat die einde van sy leeftyd bereik het. Alle medisyne het unieke formules wat uit aktiewe en onaktiewe bestanddele bestaan wat daarop gemik is om spesifieke siektes te behandel.

Wanneer ‘n middel ontwikkel word, bepaal die vervaardigers die tyd wat die middel sal hou sonder om te verswak – dit staan as die middel se rakleeftyd bekend. As medikasie binne die rakleeftyd gebruik  word, word maksimum effektiwiteit en veiligheid ten opsigte daarvan verwag. Medikasie wat verval het, kan dalk as gevolg van die laer effektiwiteit geringe toestande soos hoofpyn en verkoue, of ernstige toestande soos diabetes of hartsiekte nie voldoende behandel nie. Dit is raadsaam om alle medikasie wat verval het, weg te gooi. Waarom die risiko loop? Kontroleer altyd die vervaldatums op boksies en buisies, en as produkte verval het, neem dit na die Staatshospitaal – hul weet waar om dit weg te gooi. Moenie medikasie wat nie gebruik is nie of wat verval het in die

toilet afspoel nie, aangesien dit die waterstelsel kan besmet.

 

Geskeduleerde medisyne –  Skedule 0 sluit in aspirien, klein hoeveelhede parasetamol en vitamine en dit word gekoop by apteke en supermarkte.  Skedule 1 en 2 – soos voorgeskryf deur ‘n dokter. Skedule 3 is medikasie vir hoë bloeddruk, diabetes en Cholestrol. Skedule 4 is antibiotika. Skedule 5 en 6 is antidepressante, slaappille en sterk pyn medikasie.

 

Hettie Stander oorhandig haar Voorsittersbalkie aan Susan du Plessis, die nuwe voorsitter

 

Hettie Stander saam met die nuwe bestuurslede: Gwen Engelbreght – Openbare Sake, Susan du Plessis – Voorsitter, Hettie Stander en Ina van Eck – Gesondheid

 

Nellie Crafford was die dag se algehele wenner van die kompetisies.