Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Miwette Basson

Datum: 11 Oktober 2017

 

Hilletje Bekker, plaaslike arbeidsterapeut te Malmesbury, bespreek die fisisese en gesodheidsvoordele van brei en hekel.

 

Hekel en brei kan ‘n ontvlugting van die wêreld wees, en ons help deur moeilike tye, deur ons gefokus te hou op iets kreatief en mooi.

 

Hekel en brei het vele gesondheids voordele vir liggaam, siel en gees.

  • Dit voorkom en beheer stress, pyn en depressie
  • Hekel en brei verander die brein se chemise werking. Dit verlaag die streshormoon en verhoog seretonien, ‘n chemise stof in die brein wat depressie, slaap en aptyt beheer!
  • Dit beheer angsaanvalle, asma, ADHD en verbeter konsentrasie en probleemoplossing.
  • Dit dien ook as ‘n goeie oefening vir middellynkruising en koördinasie.

 

Hilletje bespreek hoe om tegniese “struikelblokke” soos arthritis en karpale tonnel sindroom te oorkom deur ‘n groter en dikker hekelpen te gebruik en te fokus op korrekte hand en elmboog posisie.

 

Wanneer die lewe druk en jy angstig raak, gryp die wol en penne. Dis verseker goedkoper as pille!

 

 

Christine van Zyl, Malmesbury VLV Bestuurslid, Hugo Blignaut van Slimsun vertel meer oor Hernubare Energie en Hilletje Bekker, arbeidsterapeut, vertel en wys hoe Brei en Hekel in arbeidsterapie gebruik word.