Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Margaret van der Mescht

Datum: 10 Oktober 2017

 

Met Nasionale Tuindag wat in hierdie maand gevier word, is dit heel gepas dat een van ons lede, Margaret van der Mescht, demonstreer hoe om `n “drop bouquet” te maak.

 

 

 

Vorm `n driehoek uit draad en trek dit oor met ogiesdraad. Maak die ogiesdraad aan die draad  vas en werk dit netjies af sodat daar geen punte is wat jou kan seermaak nie. Die draad word nou gebuig vir `n interessante effek.

Nou kan wol, raffia, lint en/of krale gebuik word om die draad  rondom te versier.

 

 

Die draad  kan op `n emmer gesit word om dit makliker te maak om te werk of jy kan dit in jou hand hou en dan so werk.

 

 

Die draad word versier met wol, raffia en krale.

 

Begin om die fokusblomme eerste te plaas. Dan volg die ander blomvorms en loof. Sorg dat daar `n verskeidenheid is in die vorm en tekstuur van die materiaal wat jy gebruik. Probeer om nie die draaddriehoek toe te pak met blomme en loof nie. Dit is juis die fokus van die rangskikking.  Die blommateriaal volg die vorm van die driehoek. Dus word die blomme teen so `n hoek deur die draad gedruk dat dit ook `n driehoek vorm aanneem.

 

Die blomme en loof word deur die ogiesdraad gesteek.

 

Wanneer die rangskikking na jou keuse is word `n rekkie om die stingels gesit om dit bymekaar te hou. Indien die ruiker as geskenk aan iemand gegee word draai  `n mooi lint om die stingels. Andersins kan dit in `n langwerpige glassilinder gesit word.

 

`n Rekkie word om die stingels gesit.

 

Die ruiker word afgerond en in `n glassilinder geplaas.

 

Margaret wys ook hoe om sade en vetplante in `n houtkassie te gebruik as versiering wat langer kan hou.

 

       Droë sade en vetplante in `n houtkassie.

 

 

 

 

 

 

Erika le Roux gee inligting oor die Harige Blinkblaar Wag-`n-Bietjie boom, VLV se boom van die jaar. Sy wys hoe die blare en sade lyk asook die dorings.

 

 

 

Erika le Roux, saamroeper vir Landbou, bespreek die Boom van die jaar.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons skrywers van die jaar Marlene van Niekerk, Fredrik Backman en Breyten Breytenbach word deur Laurena Honiball bespreek.

 

 

 

Laurena Honiball, saamroeper van Kuns en Handvlyt, gesels oor VLV se skrywers vir 2017.

 

 

 

 

 

 

 

 

Na `n ontspanne en aangename oggend verkeer die dames gesellig om  `n koppie tee en eetdingetjie.

 

 

Die eindproduk.